# Women and Men Against Child Abuse het die gewese kleuterskoolonderwyseres, Amber-Lee Hughes, se skuldigbevinding verwelkom nadat sy erken het dat sy in 2023 haar kêrel se vierjarige dogtertjie verdrink het. Die Hooggeregshof in Johannesburg het Hughes skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade en verkragting van Nada-Jane Challita. Sy word in Oktober gevonnis. Die organisasie eis lewenslange tronkstraf. Hy sê hierdie hartverskeurende geval beklemtoon die dringende behoefte om aandag te gee aan kinders wat blootgestel word aan stiefouers of ongeskikte lewensmaats in wie se sorg hulle gelaat word.
Organisasie teen kindermishandeling vra lewenslange tronkstraf vir Amber-Lee Hughes