# ‘n Span SAPD-amptenare gaan 121 saakdossiere aan die KwaZulu-Natalse politieke moordtaakspan terugbesorg nadat dit vroeër gekonfiskeer is. Dit was na bewering ‘n bevel van die adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya. Die dossiere is sedert Maart onaangeraak by die polisiehoofkantoor in Pretoria. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het in Julie met die inligting voorendag gekom. Mkhwanazi beweer Sibiya het sonder magtiging van die Nasionale Kommissaris, Fannie Masemola, opgetree.
SAPD gaan moorddossiere waarop in KZN beslag gelê is terugstuur