# Die Universiteit Stellenbosch betreur die dood van die bekende botanis en kurator van die universiteit se botaniese tuin, Donovan Kirkwood. Hy is dood nadat hy in die Jonkershoekberge geval het tydens ‘n bewaringsuitstappie. Kirkwood was besig met ‘n opname van kritiek-bedreigde plantspesies saam met lede van CapeNature en die Cambridge-universiteit en het gewerk aan die bewaring van die kritiek-bedreigde Penaea formosa-plant. Die universiteit beskryf hom as ‘n toegewyde botanis en visioenêr wat die tuin omskep het in ‘n sentrum vir die bewaring van skaars Kaapse flora.
Huldeblyke stroom in vir Stellenbosse botanis Donovan Kirkwood na noodlottige val in Jonkershoekberge