Skip to content

CapeNature wil gesondheid van varswater-ekostelsels beskerm

# CapeNature sê hy bevorder gebruike om inheemse visse te vang en terug te gooi, en indringer-visspesies te verwyder as ʼn praktiese manier waarop hengelaars tot bewaring kan bydra. Tans word 24 van die Wes-Kaap se 35 varswater-visspesies as bedreig beskou en 73-persent van die provinsie se varswatervisse word nêrens elders in die wêreld aangetref nie. CapeNature se uitvoerende hoof, Ashley Naidoo, sê deur verantwoordelik te vang en terug te gooi, of soms indringervisse te vang en te verwyder, dra by om die varswaterstelsels se bioverskeidenheid te bewaar.