# President Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan EWN se mede-politieke redakteur, Tshidi Madia, en beskryf haar as ʼn besondere vrou. Sy is gister na ʼn kort siekbed in die hospitaal oorlede. Ramaphosa sê Madia se liefde vir die land was die agtergrond vir haar moeilike vrae en haar hoopvolle siening van ʼn Suid-Afrika wat beter kan en moet wees. Hy sê almal sal voortgaan om aan ʼn beter land te werk al is haar pen en stem in mense se geheue en harte stil.
Ramaphosa bring hulde aan bekende joernalis, Tshidi Madia