Skip to content

Sasol bevestig versagtingsplanne te midde van R1,4-miljard terugslag weens Amerikaanse tariewe

# Sasol sê ‘n Amerikaanse tarief van 30-persent op sy chemiese uitvoere kan 1,4-miljard-rand in verkope beïnvloed. Die hoof-finansiële beampte, Walt Bruns, het gesê versagtingstrategieë sluit in die oordrag van koste aan klante of die herleiding van produkte na Asië. Die uitvoerende hoof, Simon Baloyi, het ook gesê die meeste Amerikaanse verkope word plaaslik vervaardig, wat blootstelling beperk. Sasol het egter, ten spyte van die tarief, ‘n basiese verdienste van 10-rand-60 per aandeel aangeteken vir die jaar wat 30 Junie geëindig het, versterk deur hoër chemiese pryse, kostebeheer en ‘n Transnet-uitbetaling van 4,3-miljard-rand.