Skip to content

Verslag toon China se steenkoolverbranding is vanjaar op ‘n rekordvlak

# China het sy gebruik van steenkoolenergie in die eerste helfte van hierdie jaar die meeste nog uitgebrei in die afgelope nege jaar. Dit is volgens ‘n verslag deur die Sentrum vir Navorsing oor Energie en Skoon Lug. China het 21-gigawatt se steenkoolkrag in die eerste ses maande van die jaar by sy netwerk ingesluit. Die verslag lui dat die toename in steenkoolgebruik plaasvind namate China sy hernubare kapasiteit massief uitbrei. Die samesteller van die verslag, Christine Shearer, sê China se geweldige steenkoolbelange bedreig klimaatsdoelwitte.