Skip to content

Lughawensmaatskappy stuur belegging van R21,7-miljard van stapel [KLANK]

# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika gaan oor ‘n tydperk van vyf jaar 21,7-miljard rand belê, met die fokus op O.R. Tambo, Kaapstad en streekslughawens. Die uitvoerende hoof, Mpumi Mpofu, lig innovering- en digitaliseringsvennootskappe met die WNNR en The Innovation Hub uit vir lugvaartnavorsing, voorspellende instandhouding en biometriese passasiersreise. Die plan versterk ook die transformasie van die voorsieningsketting en bevorder hernubare energie en wêreldwye konnektiwiteit. Sy sê Suid-Afrika bly veerkragtig ten spyte van globale bedreigings:

ENG-MpofuOnResilience