# Viëtnam het skole en lughawens gesluit en duisende mense ontruim voor die aankoms van die kragtige Tifoon Kajiki. Die storm het gister die suidelike Chinese eiland Hainan getref en bome omgewaai en oorstromings veroorsaak voor dit oornag die Golf van Tonkin bereik het met volgehoue windspoed van 166-kilometer per uur. Volgens Viëtnam se weersvoorpeller is Kajiki gelykstaande aan ‘n kategorie 2-Atlantiese orkaan. Dit is die vyfde en sterkste tifoon wat Viëtnam vanjaar sal tref wanneer dit die kus na verwagting later vandag bereik.
Duisende ontruim, vlugte gekanselleer terwyl Viëtnam Tifoon Kajiki inwag