Skip to content

Spanje se dodelike Augustus-hittegolf was ergste op rekord

# Spanje se meteorologiese agentskap sê die hittegolf van 16 dae wat die land hierdie maand geteister het, was die ergste op rekord. Die hittegolf het meer as ʼn duisend lewens geëis en veldbrande veroorsaak wat steeds in die noordelike en westelike dele van die land woed. Die agentskap sê voorlopige syfers wat van drie tot 18 Augustus aangeteken is, toon die gemiddelde temperatuur was gemiddeld 4,6-grade Celsius hoër as vorige hittegolf-rekords. Volgens wetenskaplikes veroorsaak die klimaatskrisis wêreldwyd langer, warmer en meer gereelde hittegolwe.