Skip to content

Numsa verseker loonooreenkoms bo inflasie in motorsektor [KLANK]

# Die vakbond Numsa het vir die voertuigsektor ʼn loonooreenkoms vir die volgende drie jaar onderteken wat bo inflasie is. Dit dek 300-duisend werkers wat onder die bedingingsraad vir die motorbedryf val. In die eerste jaar ontvang werkers ʼn loonverhoging van ses-persent en in die tweede en derde jaar ʼn verhoging van vyf-persent. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het vir die eerste keer ook voordele vir basiese gesondheidsorg beding vir werkers by motorhawens in die sektor:

ENG MajolaOnAgreement