# Die N3-tolroete het die sluiting van die snelweg in ‘n noordelike rigting na Gauteng naby die Bergville-wisselaar bevestig. Daar was ‘n ernstige ongeluk tussen ‘n taxi en ‘n vragmotor. Nooddienste is op die toneel, met erntige verkeersopeenhopings in die gebied. Padgebruikers word gewaarsku teen aansienlike vertragings en word versoek om die ongelukstoneel versigtig te nader. Owerhede is op die toneel om die pad skoon te maak en diegene wat betrokke is, by te staan.
Ernstige ongeluk sluit N3 Noordwaarts naby Bergville