Skip to content

WGO, WMO waarsku teen toenemende gesondheidsgevare vir werkers as gevolg van uiterste hitte

# Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Wêreldmeteorologiese Organisasie waarsku oor die toenemende gesondheidsrisiko’s vir werkers as gevolg van uiterste hitte. In ‘n gesamentlike verslag het hulle aangedui dat produktiwiteit met twee-tot-drie-persent afneem vir elke graad bo 20-grade Celsius, met gepaardgaande risiko’s soos hittesteek, dehidrasie en nierversaking. Die verslag dui aan dat amper helfte van die wêreld se bevolking hitte-verwante gevolge ondervind. Hulle moedig regerings, werkgewers, en unies aan om hitte gesondheidsbeleide in te stel om werkers te beskerm en om veerkragtigheid teen klimaatsverandering te versterk.