# Suider-Afrika het die potensiaal om ‘n florerende natuurlewe-ekonomie te ontwikkel wat regstreeks tot mense se lewensbestaan bydra terwyl bioverskeidenheid beskerm word. Dit is volgens die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh. Hy sê wat nodig is, is die kartering en monitering van die gereeldheid en ligging van konflikvoorvalle tussen mens en natuurlewe as ‘n gids vir geteikende ingrypings. Singh sê die vestiging van vroeë waarskuwingstelsels is ook nodig wat tegnologie met plaaslike patrollies kombineer en toerisme- en bioverskeidenheids-voordele op regverdige wyse deel.
Suid-Afrika kan florerende natuurlewe-ekonomie hê terwyl bioverskeidenheid beskerm word