Skip to content

Laaste Britse een-pond muntstukke met koningin se gesig op kom in sirkulasie

# Die laaste klompie een-pond muntstukke met die gesig van wyle koningin Elizabeth die Tweede kom in sirkulasie in Brittanje, met meer as 23-miljoen daarvan bestem vir kasregisters en mense se beursies. Die Koninklike Munt sê die vrystelling van die laaste Elizabeth die Tweede-muntstukke, wat 2021 en 2022 gedateer is, verteenwoordig ‘n deurslaggewende oomblik in die geskiedenis. ‘n Verdere 7,5-miljoen nuwe muntstukke wat koning Charles die Derde uitbeeld, kom ook in sirkulasie. Sy gesig pronk sedert 2023 op Britse muntstukke, maar slegs op die een-pond en die 50-pennie-muntstuk.