Skip to content

Geskiedkundige Sweedse kerk verskuif met afstandbeheerde platbaksleepwaens

# ‘n Geskiedkundige rooihout-kerk wat beskou word as een van Swede se mooiste geboue is vandag teen ‘n slakkepas uit die Arktiese dorp Kiruna verskuif na sy nuwe staanplek sodat Europa se grootste ondergrondse myn kan uitbrei. Die hele middedorp van Kiruna word hervestig omdat die ysterertsmyn wat steeds dieper word, die grond verswak en die gevaar van ineenstortings verhoog. Die indrukwekkende Sweedse Lutherse kerk van 672-ton is gebou in 1912. Dis vyf kilometer ver verskuif op afstandbeheerde platbaksleepwaens teen ‘n halwe kilometer per uur.