# Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die besluit van die Landdroshof in Alexandra, Gauteng, om borgtog te weier aan die sakeman Katiso ‘KT’ Molefe. Hy word daarvan beskuldig dat hy die baasbrein was agter die sluipmoord op Oupa ‘DJ Sumbody’ Sefoka in 2022. Die NVG se woordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê Molefe is ‘n gevaar vir die samelewing en kan met ondersoeke inmeng. Sy het bevestig aanklaers sentraliseer verskeie verwante dossiere om die saak te versterk, wat tot 18 September uitgestel is:
NVG sê Katiso ‘KT’ Molefe kan lang tronkstraf verwag [KLANK]
ENG-MjonondwaneOnMolefe