Skip to content

Regterlike kommissie oor Mkhwanazi-bewerings begin op 1 September met verhore in Pretoria

# Die Madlanga-regterlike kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel sal op 1 September met sy verhore begin. Die voorsitter, regter Mbuyiseli Madlanga, sê die eerste sitting sal na verwagting oop wees vir die publiek en sal in die Bridgette Mabandla-kollege in Pretoria se middestad plaasvind, waar die kommissie se kantore ook geleë sal wees. Woordvoerder Jeremy Michaels sê openbare voorleggings is nog nie oopgestel nie.