# Die Kommunistiese Party van Swaziland sê hy is bekommerd oor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se aanhoudende goedkeuring van Koning Maswati die derde, na wie hulle verwys as ‘n diktator en sy Tinkhundla regime. Die volg nadat Mswati as die adjunkvoorsitter van die SAOG Troika aangestel is. Woordvoerder van die party, Simphiwe Dlamini, sê Mswati se bewind in Swaziland is outoritêr en onaanvaarbaar, daar is nie politieke vryheid nie, en betekenisvolle deelname deur die mense in die sake van die land word onderdruk.