Skip to content

Sokker: Mohamed Salah en Mariona Caldentey wen PFA se spelers van die jaar-toekenning

# Sokker: Liverpool se vleuel Mohamed Salah het die Beroepsokkerspelersvereniging se mansspeler van die jaar toekenning vir ‘n rekord derde keer gewen. Die Egiptenaar het 29 doele aangeteken en met 18 gehelp toe die Reds verlede seisoen se Premierliga-titel ingepalm het. Die vereniging se vrouespeler van die jaar is Arsenal se middelveldspeler Mariona Caldentey wat 19 doele in al die kompetisies in haar eerste seisoen by die Gunners aangeteken het. Morgan Rogers van Aston Villa en Olivia Smith van Arsenal het onderskeidelik die mans en vroue se jong speler van die jaar toekennings verower.