Skip to content

Adjunkpresident Mashatile doen beroep vir versterking van interregeringsverhoudings

# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die doeltreffendheid van plaaslike regering het ‘n regstreekse uitwerking op die lewensgehalte van burgers en hul vermoë om toegang tot noodsaaklikhede te verkry. Hy het gister ‘n werksbesoek aan die Amampondo-koninkryk in die Oos-Kaap afgelê. Mashatile sê die bekendstelling van die Distriksontwikkelingsmodel is daarop gemik om die funksionering van munisipaliteite te verbeter en ook kwessies rakende gemeenskapsdienslewering aan te spreek. Hy voeg by dat dit noodsaaklik is om interregeringsverhoudinge te versterk deur samewerking te bevorder om te verseker dat alle vlakke van regering saamwerk tot voordeel van alle gemeenskappe.