Skip to content

Laboratoriumdiens stel strategie in om toksikologie-agterstand met 50% te verminder

# Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens het ‘n reuse plan van stapel gestuur om teen die 2025/2026-boekjaar sy toksikologie-agterstand met die helfte te verminder. Die plan sluit nuwe laboratoriumtoerusting, bykomende tegniese personeel en toegewyde verwerkingseenhede in beide Johannesburg en Pretoria in Gauteng in om die ou sake afsonderlik van nuwes te verwerk. Die woordvoerder, Mzi Gcukumana, sê dienste brei ook in KwaZulu-Natal uit, en digitale stelsels word opgegradeer om toetsing vinniger en meer betroubaar te maak.