Skip to content

Camino de Santiago-pelgrimsroete gesluit na verwoestende Spaanse brande

# Spanje het nog 500 soldate ontplooi om veldbrande te bestry wat onder snikhete omstandighede deur die land versprei. Dit bring die aantal soldate op een-duisend-900 te staan. ‘n Deel van die beroemde Camino de Santiago-pelgrimsroete is gister gesluit terwyl die brande na die suidelike hange van die Picos de Europa-bergreeks versprei het. Nederland het twee waterstortingsvliegtuie ontplooi wat aansluit by dié uit Frankryk en Italië wat reeds die Spaanse owerhede bystaan. Brandbestryders uit ander lande sal na verwagting binne die volgende paar dae aankom.