# ‘n Verslag beklemtoon Afrika moet meer van sy eie klimaatberade hou om ‘n billike ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe en die befondsing van hernubare energie te verseker. Down To Earth glo Afrika benodig ongeveer 33-duisend-miljard-rand vir die oorgang teen 2030, maar die meeste klimaatfondse behels lenings wat skuld verhoog. Afrika het byna 600-miljoen mense sonder elektrisiteit en dra minder as vyf-persent van uitstralings by. Down To Earth vra daar moet op die komende Afrika-klimaatberaad in Ethiopië druk uitgeoefen word vir geregtigheid, befondsing en inheemse klimaatoplossings.
Afrika benodig meer klimaatsberade vir billiker ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe