Skip to content

Ad hoc komitee vir SAPD gaan voort met sy opdrag

# Die Parlementêre ad hoc komitee wat bewerings van die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, sal ondersoek, vergader vandag om voort te gaan met sy opdrag. Die ANC wil hê die komitee moet vasstel of die bewerings waar is en nie om hulle te ondersoek nie. Die DA het voorgestel al die dokumente en bewyse van al die relevante getuies moet verkry word en die 121 vermiste dossiere van die Politieke Moordtaakmag moet ondersoek word. Die bewerings sluit in die minister van Polisie, Senzo Mchunu, wat tans met spesiale verlof is. Hy sou betrokke wees by misdaadsindikate en inmenging het by hoë-profiel ondersoeke.