# Die familie van die oorlede voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, het hulle tot die Konstitusionele Hof gewend in ‘n dringende poging om teen die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria te appelleer. Die hof het bevind dat die Zambiese regering geregtig is om Lungu se oorskot te repatrieer vir ‘n staatsbegrafnis. Lungu se weduwee, Esther, voer in ‘n beëdigde verklaring aan dat niemand gedwing moet word om hul geliefde te begrawe volgens ‘n staatsbevel nie. Sy sê in belang van geregtigheid word ‘n dringende regstreekse appèl vereis.
Voormalige Zambiese president Edgar Lungu se familie wend hulle tot die Konstitusionele Hof oor sy begrafnis.