# Die Wes-Kaap het ekonomiese groeiteikens verlaag te midde van die Amerikaanse tariewe van 30-persent. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, poog om die provinsie se BBP-groeiteiken van vyf-persent teen 2035 tot drie-persent per jaar te verminder. Die provinsie se Groei vir Werkgeleenthede-teiken van duisend-miljard-rand is hersien na 700- tot 800-miljard-rand. Meyer sê voorrang sal gegee word aan werkskepping, energie-sekerheid, infrastruktuur-ontwikkeling en beleggings. Hy beoog ook om 600-duisend werksgeleenthede te skep en uitvoere, navorsing en waagkapitaal binne die volgende dekade te bevorder.
Wes-Kaap verlaag ekonomiese groeiteikens te midde van Amerikaanse tariewe