# Minstens 56 mense is dood en meer as 200 word vermis nadat ‘n kitsvloed die afgeleë bergdorp Chashoti in die Indies-beheerde deel van Kasjmir getref het. Oorstromings weens stortreën het geboue vernietig, motors weggespoel en strate in riviere verander. Reddingspanne het 300 mense na veiligheid gebring. Amptenare sê reddingsoperasies gaan voort met die Weermag en die polisie wat na vermistes soek. Verlede week het vloedwater ‘n hele Himalaise dorp in die Indiese provinsie Uttarakhand weggespoel en vier mense is dood.
Minstens 50 dood en meer as 200 vermis na kitsvloed in Indië