Skip to content

Johannesburg se burgemeester stig dissiplinêre raad om finansiële wanbestuur te ondersoek [KLANK]

# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, het ‘n dissiplinêre raad gestig om finansiële wangedrag en onwettige, ongewone, nuttelose en verkwistende uitgawes te ondersoek. Die minister van Finansies, Enogh Godongwana, het vroeër die maand gedreig om befondsing van die metro te onttrek as die burgemeester nie vorendag kom met ‘n omvattende program om ongemagtigde uitgawes teen te werk en sterk bestuur af te dwing nie. In die 2023/24 boekjaar was daar 23-miljard-rand se verkwiste uitgawes. Morero sê daar is reeds vordering gemaak:

ENG MoreroOnSpending