# Die Presidensie sê die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, generaal Rudzani Maphwanya se reis na Iran was nie goedgekeur nie. Tydens ʼn besoek aan Teheran, het Maphwanya en Iran se weermagbevelvoerder, Amir Hatami, volgens berigte hulle lande se gedeelde doelwit geloof om globale arrogansie en aggressiewe koloniale benaderings te beveg. Maphwanya het ook Israel se vermeende aanvalle op Palestyne wat in rye staan vir kos, veroordeel. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Maphwanya se uitlatings is kommerwekkend:
Presidensie sê SANW-hoof se besoek aan Iran was onbesonne [KLANK]
ENG MagwenyaOnSANDFChiefComments