# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vrywaring van vervolging toegestaan aan ‘n Artikel 204-getuie Laurentia Lombaard in die saak van die vermiste Middelpos-meisie, Joslin Smith. Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het die uitspraak aangevra en opgemerk dat Lombaard se getuienis gehelp het in die skuldigbevinding van drie medebeskuldigdes. Regter Nathan Erasmus het bevind sy het geen aktiewe rol in die ontvoering of mensehandel gespeel nie. Lombaard is aanvanklik in hegtenis geneem maar later in getuiebeskerming geplaas:
Hof staan vrywaring van vervolging toe aan Laurentia Lombaard in Joslin Smith-saak [KLANK]
ENG-ErasmusOnLombaard