# Sommige inwoners van Alaska ontruim hulle huise terwyl water uit ‘n kom onstsnap wat deur die Mendenhall-gletser opgevang is. Daar word gevrees vir ’n gletser-uitbarstingsvloei wat huise in gevaar kan stel. Plaaslike amptenare het Dinsdag bevestig dat water uit die ysdam begin vloei en oorstromings word binne die volgende dae verwag. Gletser-uitbarstingsvloei gebeur wanneer ‘n meer van smeltende sneeu, ys en reen vinnig dreineer en kan vergelyk word met ‘n prop wat uit ‘n bad vol water getrek word.
Ontruimings begin in Alaska met smeltende gletsers wat vrese verhoog vir rekordoorstromings