Die DA in Limpopo het kommer uitgespreek oor die die tweede kwartaal se werkloosheidsyfer wat tot bo 35-persent gestyg het, hoër as die nasionale syfer van 33,2-persent. Die uitgebreide koers, wat ontmoedigde werksoekers insluit, bly op 43,8-pesent. Jacques Smalle van die DA sê die party moedig die provinsiale regering aan om met sy plan te begin om die ekonomie aan te jaag, met die klem op regeringshervorming, infrastruktuurbelegging, privaat sektorgroei en misdaadbekamping. Limpopo se afhanklikheid van landbou, werksgeleenthede in die openbare sektor, en informele handel, maak die provinsie kwesbaar, veral indien daar nie dringend opgetree word nie.
Limpopo werkkrisis vererger met werkloosheid wat styg