Skip to content

EFF vra dringende staatsgeleide openbarewerkeprogram om werkloosheid te verminder

# Die EFF het kommer uitgespreek oor die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname en sê die ekonomie groei nie. Die amptelike werkloosheidsyfer het vanjaar in die tweede kwartaal tot 33,2-persent gestyg. Die EFF sê die regering van nasionale eenheid het geen plan om groei in sukkelende provinsies te stimuleer, werksgeleenthede in swak sektore te beskerm of hulpbronne aan te wend waar dit die nodigste is nie. Die party sê ʼn dringende, staatsgeleide massa-openbarewerkeprogram is nodig wat gemik is op infrastruktuur, behuising, nywerhede en landelike ontwikkeling.