# Die energiereguleerder, Nersa, het ‘n maksimum gasprys vir Egoli Gas goedgekeur vir die tydperk van Maart vanjaar tot Februarie volgende jaar. Die prys is vasgestel op 151-rand-14 sent per gigawatt-sekonde vir eindgebruikers en 143-rand-58 sent vir herverkopers. Kwartaallikse prysaanpassings sal, gebaseer op verskafferskontrakte, toegelaat word. Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê hierdie besluit het ten doel om verbruikers te beskerm en billike mededinging in die gaspyp-mark te bevorder.
Nersa bepaal nuwe prysplafon vir Egoli Gas om verbruikers te beskerm [KLANK]
ENG HlebelaOnEgoliGas