Skip to content

Minister Manamela belowe om SETA-oorsig te versterk en gehalte van opleiding te verbeter [KLANK]

# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het belowe om oorsig oor die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid te versterk om die gehalte van die opleiding te verbeter en die lewering van meetbare resultate te bevorder. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa die vorige minister, Nobuhle Nkabane, uit die pos verwyder het na die SETA-skandaal rondom die raadsvoorsitters. Manamela het tydens ‘n media-inligtingsessie gesê die hervormings skep beter geleenthede vir jong mense en ondersteun vaardigheidsontwikkeling wat ekonomiese groei aanwakker:

ENG ManamelaOnSETA