# Die 14-malige Grammy-wenner, Taylor Swift, het bewonderaars verras met die nuus dat sy haar 12de ateljee-album, The Life of a Showgirl, gaan vrystel. Die 35-jarige sangeres het in April verlede jaar ʼn ateljee-album, The Tortured Poets Department, vrygestel wat die beste verkoper van die jaar was. Sy het haar Eras-toer wat rekords laat spat het, in Desember afgesluit. Die nuwe album is Swift se eerste vrystelling sedert sy in Mei die trotse eienaar van haar hele musiek-katalogus geword het.
Taylor Swift stel haar nuwe album, ‘The Life of a Showgirl’, bekend