# Die gemeenskap van Eldoradopark in Johannesburg is woedend omdat die Protea Landdroshof borgtog van 20-duisend-rand toegestaan het aan die voormalige polisielid Mandla Buthelezi wat aangekla word van die moord op sy metgesel, die Gautengse misdaadbestryder Chesnay Keppler. Buthelezi word daarvan beskuldig dat hy die 22-jarige Keppler in Desember doodgeskiet het na ‘n rusie. Hy was sedertdien in aanhouding. Die saak is uitgestel tot volgende maand.
Gemeenskap woedend omdat Chesnay Keppler se vermeende moordenaar R20-duisend-borgtog kry