Skip to content

ANC-integriteitskommissie spreek volgens berigte Mashatile vry oor luukse wonings

# Die ANC-integriteitskommissie het volgens berigte adjunkpresident Paul Mashatile van blaam onthef wat sy luukse wonings Waterfall in Gauteng en Constantia in Kaapstad betref. Mashatile het onderdruk gekom nadat hy twee luukse eiendomme van sowat 65-miljoen-rand verklaar het. Hy het vroeër ontken dat hy die eienaar is, en aangevoer die huis in Constantia behoort aan sy skoonseun. Hy hou vol daar is niks onregmatig aan die eiendomme nie. Die integriteitskommissie het aanbeveel Mashatile moet die staatshuise gebruik wat in Gauteng en die Wes-Kaap vir hom beskikbaar is.