# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n ernstige waarskuwing vir die Wes-Kaap- en die Namakwa-streek uitgereik. Vlak-2 waarskuwings geld van middernag môre vir skadelike golwe en wind langs die kus. Stormsterk wind en deinings van tot ses meter hoog word tussen Kaap Columbine en Plettenbergbaai verwag en reën word ook voorspel. Die Weerdiens beveel aan dat klein bote en persoonlike watervaartuie soos kajakke liewer aan wal moet bly.
SAWD waarsku oor gure weer in Wes-Kaap en Namakwa-streke