# Lande sonder seehawens het ingestem om ʼn nuwe blok vir klimaatsonderhandeling te vorm om die eiesoortige behoeftes van lande sonder regstreekse toegang tot die see te bevorder. Die besluit is geneem by die derde VN-konferensie vir ontwikkelende lande sonder seehawens wat tans in Awaza, Turkmenistan, plaasvind. ʼn VN-woordvoerder, Natalia Alonso Cano, sê hierdie lande beslaan sowat 12-persent van die wêreld se grondoppervlak, maar beleef die afgelope dekade byna 20-persent van die wêreld se droogtes en grondstortings:
Nasies sonder seehawens stem in om nuwe blok te vorm vir klimaatsonderhandeling [KLANK]
ENG CanoOnAction