# Die regering sê onwettige mynbedrywighede is ʼn misdaad wat nasionale sekerheid en openbare veiligheid bedreig. Minstens 550 vermeende onwettige myners, insluitend buitelanders en minderjariges, is die afgelope paar dae by die Sheba-goudmyn in Barberton, Mpumalanga, gearresteer. Die regeringswoordvoerder, Nonkululeko Matshali, sê hulle verwelkom die voortgesette inhegtenisneming van onwettige myners en moedig landsburgers aan om die stryd teen onwettige mynbedrywighede te steun:
Regering sê onwettige mynbedrywighede bedreig nasionale sekerheid [KLANK]
ENG NonkululekoonIllegalMiners