# Die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat, is tans die eerste plek buite Amerika om ‘n Bestralingbeplanningsassistent te gebruik. Dit is ‘n webgebaseerde kunsmatige intelligensieplatform wat ontwikkel is by die Unversitiet van Texas se MD Anderson-kankersentrum. Die stelsel word gebruik vir die beplanning van radioterapiebehandeling en verbeter spoed en akkuraatheid. Die Universiteit van die Vrystaat lei die amptelike bekendstelling, met bykans 50 pasiënte wat reeds voordeel daaruit getrek het. Daar word ook beplan om die tegnologie na ander sentrums in Suid-Afrika uit te brei.
KI-kankerbehandelingsplatform by Bloemfonteinse hospitaal bekendgestel