Skip to content

Kitsvloede laat vier dood en 100 vermis in Indië se Himalaja-streek

# ʼn Grootskaalse soek-en-reddingsoperasie is in die noorde van Indië in die Himalaja-staat, Uttarakhand, aan die gang ná ʼn verwoestende modderstorting. Vier mense in ʼn dorpie is dood en 100 ander word vermis. Sowat 150 soldate het gehelp om 20 mense te red. Eerste minister Narendra Modi sê spanne doen alles moontlik om te help. Klimaatkenners sê dodelike oorstromings en grondstortings kom gereeld voor tydens Indië se reënseisoen, maar voeg by dit gebeur meer gereeld en is erger weens klimaatsverandering.