Skip to content

Kaapstad is eerste munisipaliteit om ruimtelike bioverskeidenheidsplan te ontwikkel en toe te pas

# Die Kaapstadse stadsraad het die Bioverskeidenheids-ruimtelike plan 2025 as raadsbeleid aanvaar. Die beleid dien as ‘n handleiding vir ruimtelike beplanning, omgewings-beoordeling en natuurlike hulpbronbestuur vir ‘n verskeidenheid sektore wie se beleide en besluite bioverskeidenheid raak. Die metro bestuur meer as 20-duisend hektaar in sy 22 natuurreservate en 16 bioverskeidenheidsooreenkoms-bewaringsgebiede. Die onderburgemeester, Eddie Andrews, sê Kaapstad is die eerste munisipaliteit in Suid-Afrika wat ‘n ruimtelike bioverskeidenheidsplan ontwikkel en toegepas het.