# Die Universiteit Stellenbosch het bevestig dat ‘n tweedejaar-teologiestudent, Chris Scheffers, dood is aan meningokokkale meningitis. Sy liggaam is die naweek in sy kamer in die Dagbreek-koshuis ontdek. Beamptes van die universiteit sê kontakopsporing is onderweg om persone te indentifieer wat gedurende die laaste tien dae noue kontak met Scheffers gehad het. Voorkomende medikasie sal ook binne 24-uur versprei word. Die universiteit sê geen verdere gevalle is bevestig nie en hulle sal alle kontakte noukeurig dophou. Alle algemene geleenthede by die koshuis is uitgestel.
Universiteit Stellenbosch bevestig meningokokkale meningitis as oorsaak van student se dood