Skip to content

EFF steun die nuutgestigte Ad Hoc komitee wat Mkhwanazi se bewerings moet ondersoek

# Die EFF sê die parlementêre ad hoc-komitee wat gestig is om die bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, te ondersoek, is ‘n kritieke stap om die diepgewortelde probleme in die regstelsel te pak. Die komitee se opdrag is om ernstige bewerings van korrupsie, infiltrasie van misdaad-sindikate en politieke inmenging in wetstoepassingsagentskappe te ondersoek. Hy begin vandag met sy werksaamhede met die verkiesing van ‘n voorsitter. Die EFF sê hulle is ten gunste van ‘n voorsitter wat nie verbonde is aan die regering van nasionale eenheid nie.