# Die EFF in Gauteng het die ANC daarvan beskuldig dat hy die Germistonse burgersentrum gekaap het vir sy nasionale uitvoerende komitee-vergadering en sy raadslede uitgesluit het, oënskynlik om sekerheidsredes. Die EFF se Gautengse leier, Nkululeko Dunga, voer aan die misbruik van openbare eiendom het raadsbedrywighede ontwrig en dat hulle inhuldigingseremonie gevolglik uitgestel is. Hy dring aan op verantwoordbaarheid, terugbetaling van koste en ‘n openbare verskoning van die ANC en die Stad Ekurhuleni:
EFF veroordeel ANC vir kaping van Germiston se burgersentrum vir NUK-vergadering [KLANK]
ENG-DungaOnANC