Skip to content

Progressive Forces SA eis dat Zambiese oudpresident Lungu se liggaam gerepatrieer word vir begrafnis

# Lede van die Progressive Forces of South Africa hou vandag ʼn plakkaatbetoging buite die Hooggeregshof in Pretoria waar ʼn geskil aangehoor word oor die begrafnis van oudpresident Edgar Lungu van Zambië, wat in Junie in Suid-Afrika dood is. Die geskil tussen sy familie en die Zambiese regering gaan oor repatriasie of ‘n plaaslike begrafnis.  Progressive Forces se nasionale organiseerder, Bonang Sepoloane, sê hulle is gekant teen ʼn begrafnis in Suid-Afrika, want dit toon nie respek vir Zambië se soewereiniteit nie, en hulle is bekommerd oor politieke en diplomatieke gevolge.