Skip to content

Trump verhoog tarief op Kanadese goedere tot 35% ná land sy plan aankondig om Palestina te herken

# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy regering is teleurgesteld oor die Amerikaanse president Donald Trump se besluit om tariewe op Kanadese goedere tot 35-persent te verhoog. Die Amerikaanse leier het gewaarsku oor handelsgevolge vir Kanada nadat Carney planne aangekondig het om ‘n Palestynse Staat te herken tydens die VN se Algemene Vergadering in September. Trump het in ‘n uitvoerende bevel die heffing van 25-persent tot 35-persent verhoog. ‘n Wye reeks produkte gedek deur ‘n 2020-ooreenkoms tussen die Verenigde State, Mexiko en Kanada, is egter van die tariefkoers vrygestel.